2022/2023 Training Cycle
Mart-Mari Breedt  

Saterdag, 29 Oktober 2022

Ek wens die weer in Kaapstad twee weke terug het gelyk soos die weer vanoggend in Johannesburg. Daar is min dinge so lekker soos om buite te draf wanneer dit saggies reën – al is die versoeking groot om verder te slaap.

Vanoggend se oefening was ‘n 10 km draf teen ‘n verwagte gemaklike pas van 9:02. Ek het effens vinniger gedraf teen 8:44.

Vroeër hierdie week het ek vir Jateen gesê: “Ek glo nie ek is al reg om 10 km te draf nie.” Vanoggend se draf was moeilik gewees. Ek reken nog steeds ek is eintlik nie heeltemal reg al nie. Die moegheid vang my nog en ek is ook seer van Donderdag se been oefeninge. Maar ek het dit gemaak.

Eintlik was dit glad nie so sleg nie. Daar was tog wel oombliklike gedurende vanoggend se draf wat ek goed gevoel het, en gedink het: Dalk binne ‘n week of so gaan ek weer soos my ou self voel. Dit sal lekker wees om weer só te kan draf.

‘n Goeie gevolg van draf is dat dit jou dwing om jou eie geselskap te wees. Vanoggend het ek gewonder of dit is hoe oefen vir my gaan wees vorentoe vir die res van my lewe. Gaan ek ‘n groot gedeelte van ‘n jaar oefen vir ‘n spesifieke gebeurtenis, herstel en dan weer begin oefen? Ek is bang ek gaan dit later eentonig vind.

Dalk is dit hoe dinge gaan wees totdat ek vinniger kan herstel en meer kan deelneem. Ek het ook ander doelwitte wat ek wil bereik, soos ‘n effense vinniger pas en om my resies voeding uit te sorteer, wat ek glo dinge interessant sal hou – ek hoop.

Miskien wonder ek hieroor omdat ek nog nie my liefde vir draf weer terug het nie. As dit egter so gaan bly geel perske reën kan ek nie dink dat dit my lank gaan neem om weer daar uit te kom nie.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>