2022/2023 Training Cycle Blog
Mart-Mari Breedt  

Woensdag, 26 Oktober 2022

Ek voel nog nie 100% na laas naweek se marathon nie.

Die moegheid vang my nog – ek sal maklik die hele dag om slaap indien ek die kans gegun sou word – en ek is verbaas om bietjie na-marathon “blues” te hê.

Ek vermoed dat ek heelwat sout verloor het tydens die marathon. Ek sukkel normaalweg met sout en lae bloeddruk, maar voel uitermatig sleg ten spyte daarvan dat ek doelbewus sout probeer aanvul. Ek ondervind ook dat ek nog steeds sukkel met swelling, wat blykbaar ook verwant kan wees aan lae sout. Ek hou al hierdie goed so goed as wat ek weet hoe dop, en ek reken as ek volgende week nog steeds so voel dan moet ek maar professionele hulp inwin.

Ek het besluit om verder saam met Jateen te werk. Op hierdie stadium het ons nog nie nuwe doelwitte uitgetrap nie, alhoewel ek reeds ingeskryf het vir volgende jaar se marathon. Jateen het my darem weer aan die oefen – al is dit rustig en stadig. Vandag se oefensessie was ‘n 40-minute lank gemaklike draf. Ek het nie my oefensessie geniet nie – ek is nog net nie weer my ou self nie.

Daar is ook heelwat “balle” wat die laaste tyd op die grond geval het en ek voel ek nou aan aandag behoort te gee. Ek het hierdie week werk gemaak van reëlings vir my seuntjie se verjaardagpartytjie, weer begin kyk na my skryf-slypskool opdragte en reëlings getref vir nog ‘n Kopskuif kursus vir oulaas hierdie jaar.

Ek mis wel my daaglikse oefen dagboek en sal graag daarmee wil voortgaan. Al is dit dalk nou nie elke dag nie.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>