Die persoon wat alle hoop verloor het
Blog
Mart-Mari Breedt  

Die persoon wat alle hoop verloor het

Ek het hierdie as ‘n antwoord gestuur vir iemand wie se pleidooi vanoggend in my inbox beland het. Iemand wat al alles probeer het en net mooi niks werk nie. Ek weet nie of my antwoord reg is nie, maar, al is dit krom en skeef, ek dink dit mag dalk vir ander vrouens iets beteken:

Hier is hoe ek jou situasie sien.

Iewers het jy opgehou met lewe, jy bestaan nou net. Jy het nie meer ‘n lus vir die lewe of enige passie of doelwitte meer oor nie. Jy het opgehou lief wees vir jouself. En op een of ander manier kry jou gewig nou die skuld hiervoor.

Enige dieet wat jy gaan volg gaan eventueel net vervaag want jy het nie werklik ‘n rede om dit te wil volg nie. Jy het ‘n klomp redes wat sê hoekom MOET jy dit doen. Maar niemand kan aangaan op “Ek moet, ek moet, ek moet” alleen nie. Iewers gaan jy iets moet kry wat gaan maak dat jy “Ek wil, ek wil, ek wil”.

Ek weet nie wat jou oplossing is nie, of hoe mens jou uit hierdie toestand uit gaan kry nie. Maar jy gaan weer moet begin lewe. Help dalk uit by ‘n organisasie. Skenk jou tyd. Sluit aan by ‘n oefenklub waar jy tussen ander kan wees en aan die beweeg kan kom. Stel vir jouself doelwitte en werk na dit toe. Kyk hoe en waar jy ander met jou tyd kan help. Dalk is daar iets wat jy nog altyd baie voor lief was, of iets wat jy nog altyd wou leer om te doen. Doen ondersoek daarna.

Om gewig te verloor en dit af te hou, moet jy werklik glo dat jy dit werd is. Gesond eet en oefen is beide dade van selfliefde.

Op een of ander manier gaan jy jou selfliefde en lus vir die lewe moet terug kry.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>